Laerskool Garsfontein
  • Tuisblad
  • Ratwerk
  • Ons Span
  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Program
  • Graad R

​Garsies Graad R

By Garsies word ons speel-speel slim!
Sake wat op hierdie bladsy aandag geniet:
Algemene inligting
Skoolgelde
Skoolure
Dagprogram
Personeel
Sport
Kultuur
Naskool
​Foto's

Algemene inligting


Visie
Ons poog om in alles wat ons doen ‘n skool vir uitnemendheid te wees.
 
Missie
Ons streef daarna om:
  • die leerders veilig en geborge te laat voel en hulle selfvertroue te bevorder.
  • die leerders skoolgereed te kry vir Graad 1.
  • elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel en uit te bou.
  • sosiaal aanpasbare leerders na Graad 1 te stuur.

Kontakbesonderhede
Straatadres:              Rina van Zylstraat 393, Garsfontein
Posadres:                  Posbus 905-933, Garsfontein, 0042
Telefoonnommer:    012-348-1269/70 vra vir Gr. R-kantoor
Faksnommer:           086 515 6536

E-posadresse               
Algemeen: kantoor@lsgf.co.za
Finansies:   yolande@lsgf.co.za
Graad R-koördineerder: jossie@lsgf.co.za
Graadhoof: este@lsgf.co.za
 
Inskrywings
Ouers wat reeds leerders in die Laerskool het, kry geleentheid om leerders vir Gr. R in die volgende jaar vanaf 15 Januarie in die huidige jaar in te skryf.  ‘n Bevestigingsfooi van R800 is betaalbaar met inskrywing.  Inskrywings word vanaf 1 Februarie 2021 oopgestel vir die gemeenskap (datum sal bevestig word).
 
‘n Deposito wat dien as Januarie (van die volgende jaar) se skoolgelde is betaalbaar teen einde September van die jaar waarin aansoek gedoen word.  Dit is ‘n afsonderlike bedrag van R2500.
 
Skoolgeld is betaalbaar vir 10 maande. 
2021 se skoolgeld is R2 140 per maand.
 
‘n Hekkontrole, wat toegang verleen tot die ingang in Zitastraat, ‘n Garsie t-hemp, skryfbehoeftes, asook ‘n skooltas word sonder verdere kostes verskaf.  Ouers verskaf een boks snesies en ‘n Afrikaanse storieboek per jaar (Januarie).
 
Klasindelings van leerders word deur die personeel behartig en ouers kan ongelukkig nie eise/versoeke in die verband, stel nie.

NB: 2022-aansoeke open op 1 Februarie vir die publiek.  Kontak gerus die Gr. R-kantoor vir meer inligting.
 
Kleredrag
Die leerders kom met gewone speelklere skool toe.
Pak ‘n ekstra stel skoon klere in, net vir in geval.
Verlore klere word vir een week gebêre en daarna aan die Garshand geskenk.
 
Verversings
Pak asseblief vir u kind ‘n gesonde en voedsame toebroodjie, vrugte en koeldrank/sap in.  Geen lekkernye, skyfies (“chips”), gas-koeldrank of Energade gedurende die week nie.  Bêre liefs die soetgoed vir Vrydae se snoepie.
 
Medisyne
-Alle medisyne moet duidelik gemerk word.
-Medisyne moet nie in u kind se tas gesit word nie, dit kan breek en is gevaarlik.  Oorhandig dit aan u kind se onderwyseres en teken dit in die medisyneboek aan.
 
Speelgoed
Geen speelgoed mag saamgebring word nie! Dit kan wegraak en die personeel kan nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.
 
Snoepie
Die leerders mag slegs op Vrydae versnapperings by die snoepie aankoop.
 
Assessering
Assessering vind deurlopend plaas.
Verslae word aan die einde van elke kwartaal aan die ouers gegee.
 
Leerderondersteuningskoördineerder
Laerskool Garsfontein beskik oor ‘n Leerderondersteuningskoördineerder (LOK), by name Natasha van Dyk  (082 556 4323).
Haar taak is om probleme by laerskoolleerlinge te identifiseer.  ‘n Aanbeveling word dan gemaak en leerlinge word na bv. arbeids-, spraak-, of spelterapeute verwys.  Die skool beskik oor ‘n lys van voorkeurterapeute wat gebruik kan word.
Graad R-leerders kan in ‘n beperkte mate ook van hierdie diens gebruik maak.
 
Arbeidsterapeut Gr. R
Daar is ‘n voltydse arbeidsterapeut werksaam by Garsies Graad R.  Daar word in groepsverband sifting, gestandaardiseerde persepsuele evaluasies en kliniese waarnemings gedoen.  Individuele arbeidsterapie en verwysing na buite-terapeute word gedoen indien nodig.  Die buiteverwysings is vir die rekening van die ouers.
 
Eerste skooldag
Die skool begin saam met die Laerskool op 27 Januarie 2021.
Personeel is daagliks eers vanaf 07:00 in hul klaskamers beskikbaar en kan nie verantwoordelik gehou word vir leerders wat vroeër opdaag nie.
Leerders moet voor 07:30 by hul klasse aanmeld.
 
Inligtingsaand
‘n Inligtingsaand vind op 28 Januarie 2021 in die leerder se klas plaas. Ouers sal uitnodigings ontvang.
 
Aktiwiteite wat deur buite-instansies aangebied word
Alle inligting in verband met hierdie aktiwiteite word vanaf die tweede skoolweek in Januarie aan die ouers gestuur via die kind se posbus.  Dit sluit aktiwiteite in soos tennis, skaak, gimnastiek, ballet, wiskunde en eksperibuddies.  Bêre asseblief die inligting op ‘n veilige plek, aangesien die Graad R kantoor nie oor hierdie inligting beskik nie.  Kommunikasie vind direk tussen die ouers en afrigters plaas.
 
Toegang tot graad R-klasse
Gebruik asseblief die hek in Zitastraat.  Die hek word in die oggende deur ‘n veiligheidswag om 07:30 gesluit en eers weer om 12:30 oopgemaak.  Gebruik die ingang by die skoolkantoor in Rina van Zylstraat indien die leerder vroeër huistoe gaan (bv. wanneer kind siek is).  U kind moet by die Graad R kantoor uitgeteken word.
 
Graad R-kantoor
Funksies: Debiteure & Registrasies (nie-administratief van aard)
Die Graad R-kantoor is vanaf 06:55 – 14:00 tot u beskikking.
Die verantwoordelikhede van Me. Yolandé von Wielligh by die kantoor sluit die volgende in:
  • Debiteure
  • Hantering van Graad R-inskrywings;
  • Byhou van waglyste;
  • Kinders wat vroeër afgehaal word, word by haar uitgeteken;​

Skoolgelde


 Skoolgelde is in tien paaiemente van R2 140.00 vanaf Januarie tot Oktober 2021 vooruitbetaalbaar.  Alle betalings moet voor die 7de van elke maand geskied.  Graad R-skoolgeld mag geensins agterstallig wees nie en saldo's moet asseblief teen 7 Oktober 2021 op 0 reflekteer. 
 
Die betaling van skoolgelde kan op enige van die volgende wyses gedoen word:
 
Direkte inbetalings (EFT)
REKENINGNAAM:                Laerskool Garsfontein
BANK:                                    ABSA
TJEKREKENINGNOMMER:   3490 146 570
TAKKODE:                             632 005
U verwysing:  Rekeningnommer soos wat op u rekeningstaat sal verskyn.  (Aanvanklik, totdat u ‘n rekening teen einde Januarie 2021 kry, sal dit soos volg wees:  u kind se naam en van + Gr R 2021.)
Baie Belangrik:  E-pos u bewys van betaling aan die Graad R-kantoor by: yolande@lsgf.co.za
 
GEEN betalings van skoolfooie saam met ouer kinders se fooie nie.  Ons finansies funksioneer apart van die Laerskool. Dit is ook baie moeilik om sulke betalings na te speur.
 
Kaartfasiliteite
Dit is by die Laerskool se finansieskantoor beskikbaar.
 
Kontantbetalings
Dit word om veiligheidsredes ontmoedig, maar kan wel by die Graad R-kantoor gedoen word.
 
GRAAD R SKOOLGELDNAVRAE EN GR. R-INSKRYWINGS
Me. Yolandé von Wielligh
Telefoonnommer:        012-348-1269/70 uitbreiding: 2013
E-posadres:                  yolande@lsgf.co.za

Skoolure


Die skooldag begin elke dag stiptelik om 07:30.
Die personeel is reeds vanaf 07:00 in hul klasse beskikbaar.
Leerders verdaag om 12:30.
Daar is ‘n wagklas-fasiliteit slegs tot 13:20.  Daarna sal leerders onder toesig van die naskoolsentrum geplaas word.  ‘n Boete van R50,00 is betaalbaar vir elke 15 minute wat die kleuter laat afgehaal word.
Die skool sluit die laaste dag van elke kwartaal vroeër.  U sal per omsendbrief daarvan verwittig word.

Dagprogram


07:00  -  08:00  : Aankoms, vryspel.
08:00  -  08:15   :  Samekoms.
08:15   -  08:25   :  Luister en praat / register / weerkaart / verjaarsdae.                                          
08:25  -  08:55   :  Wiskunde.
08:55  -  09:05  : Toiletroetine.
09:05  -  09:30  : Verversings.
09:30  -  10:30   : Buitespel en toiletroetine.       
10:30  -   11:00    :  Temabespreking, persoonlike en sosiale welstand.                                         
11:00   -   12:15     :  Ontluikende lees, gedeelde lees en selfstandige lees (DAR).
12:15    -   12:30    :  Fonemies (aanleer van klanke).
12:30                    :  Leerders verdaag.
(Wagklas by Juffrou slegs tot 13:15)

Personeel  (foto's sal binnekort aangepas word)


Picture
​Bo van links:
Me. Karen Venter  (gr. R G) karen@lsgf.co.za
Me. Erica Steenkamp (gr. R A) Esteenkamp93@gmail.com
Me. Candice Thompson (gr. R R)candice@lsgf.co.za
Me. Jossie Stapelberg (gr. R S) Gr. R-koördineerder jossie@lsgf.co.za
Tweede ry:
Me. Lienkie du Toit (gr. R F) lienkie@lsgf.co.za
Me. Esté Roos (gr. R O)  GRAADHOOF Esté@lsgf.co.za
Me. Sunel Fourie (gr. R N) sunel@lsgf.co.za
Me. Janine Schoeman (gr. R T) janine@lsgf.co.za
Derde ry:
Me. Lizelle Venter (gr. R E) lizelle@lsgf.co.za
Me. Nastasha Barnard (gr. R I) nastasha@lsgf.co.za
​Me. Yolandé von Wielligh (Gr. R-skoolgeld en  en -inskrywings)                          yolande@lsgf.co.za
Me. Carlette Greyling: (LO vir alle gr. R-leerders carlette@lsgf.co.za)

Assistente
Picture
Bo van links:
Me. Andell Meintjes (Admin) 
Me. Schantelle Marais (Admin) ​
Me. Erna Wolmarans (Admin) 
Me. Marilize de Wet (Admin) 
Tweede ry:
Me. Nicole van Graan (Onderwys)
Me. Chaté van der Merwe (Onderwys) 
Me. Sirise Fraser (Onderwys)
Me. Lize-Marie Olivier (Onderwys) ​
Derde ry:
Me. Deandré Noeth (Onderwys)
Me. Bianca Joseph (Onderwys)


Sport


Sport wat aangebied word:
  • Atletiekdag
  • Bulletjie-rugby (ekstra kostes verbonde)
  • Mini-krieket (ekstra kostes verbonde)
  • Mini-hokkie (ekstra kostes verbonde)
  • Mini-netbal (slegs balvaardigheid)
  • Playball

Kultuur


Kultuuraktiwiteite wat aangebied word:
  • Koor
  • Trompoppies
  • Voordrag
  • Sangspeletjie
  • Kombuisorkes
  • Gumboots

Naskool


Daar is ‘n naskool op die perseel.  Naskoolpersoneel kom kry die kinders om 12:30 by die klasse.  Die naskool funksioneer onafhanklik van die skool en daarom behartig hulle self hulle administrasie.  U is self verantwoordelik om reëlings te tref vir die bywoning van u kind by ‘n naskool.
Naskole op die terrein en in die omgewing:
Garsie Naskool  -   Me. Riana Nell  (064 660 4991) Op die skoolterrein.  Inskrywingsvorm is onder ratwerk beskikbaar.
Ballamorie Studiesentrum  -   Judy Oberholzer (082 775 4949)
Klitsie Naskool  -  Alta Pretorius (082 296 6828)
Weesgerust  -  Yvette van Vuuren (083 303 2198)
Always for you  -  Rina du Toit (072 176 0136)
Naskool@Garsies  -  Karen Grobler  (082 224 6890)
Voetspore Nasorg  -  Lydia van Deventer (071 532 1225)
Happy Feet Naskool  -  Jennifer Sapsford  (082 578 9640)
Dinky Dots - Estelle Lock (083 444 7240)

Dankie vir u besoek aan ons webtuiste!


Skoolure

07:20 tot 13:35

Telefoon

012-348-1269

E-pos

Kantoor@lsgf.co.za
  • Tuisblad
  • Ratwerk
  • Ons Span
  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Program
  • Graad R