Laerskool Garsfontein

AKADEMIE

..WAAR POTENSIAAL VLERKE KRY…

By Garsies is elkeen van ons kinders vir ons goudwerd en word hulle reeds vanaf graad R goed onderlê om eendag hulle volwaardige plek in die samelewing vol te staan!

Ons glo aan gelukkige kinders wat holisties ontwikkel word – waarvan Akademie een van ons drie pilare is.

W.H. Sheldon het gesê “Vreugde is om met oorgawe iewers heen oppad te wees!”
Dit is presies wat ons op akademiese gebied by Garsies doen!

VIR ANDER IS LAERSKOOL GARSFONTEIN ‘N SKOOL.
VIR ONS IS DIT ‘N FAMILIE.

VIR ANDER IS AKADEMIE ‘N KURRIKULUM.
VIR ONS IS DIT ‘N ONTDEKKINGSREIS NA NUWE MOONTLIKHEDE.

VIR ANDER IS ‘N LAERSKOOL NET DIE VOORLOPER VAN ‘N HOËRSKOOL.
BY ONS IS DIT DIE VOORLOPER TOT ONS TOEKOMS.

BY GARSIES VLIEG ONS SAAM ALTYD HOËR!

GRONDSLAGFASE

‘n Grondslagfase onderwyseres by Laerskool Garsfontein is soos ‘n mamma by die skool. Met die wete dat 90% van dit wat leerders self “sê” en “doen” onthou word val die klem baie op praktiese aanleer van vaardighede in die Grondslagfase. Elke graad in die Grondslagfase is ‘n belangrike bousteen. Die een bou op die ander en saam vorm dit ‘n stewige fondasie vir toekomstige leer.

ROOSTERS
Laai die roosters hieronder af:
AFWESIGHEIDSBELEID
Laai die afwesigheidsbeleid hieronder af:
SKRYFBEHOEFTES
Laai die skryfbehoeftelyste vir Graad 1 tot 7 hieronder af:

SKOOLURE
SKOOLDAG
Graad 1 07:20 – 13:00
Graad 2-3 07:20 – 13:15
Senior 07:20 – 13:35

GRAADHOOFDE

INTERMEDIÊRE EN SENIOR FASE

In die Intermediêre en Senior fase word kreatiewe denke aangemoedig en word dit ondersteun deur praktiese aanleer van vaardighede.

Om die oorskakeling tussen fases verder te vergemaklik word daar kursusse in studiemetodes vir ons graad 4 en 7 leerders aangebied. In die senior rekenaarsentrum word ons leerders blootgestel aan Technikidz se rekenaarprogramme wat alle Microsoft rekenaarvaardighede in gr. 4 en 5 aanleer.

In gr. 6 en 7 word hierdie kennis uitgebrei en maak Garsies kennis met kodering wat aangeleer word.

Om te verseker dat Garsies se Akademie te alle tye van hoogstaande gehalte is, meet ons onsself gereeld deur eksterne vraestelle te skryf.

ROOSTERS
Laai die roosters hieronder af:
AFWESIGHEIDSBELEID
Laai die afwesigheidsbeleid hieronder af:
SKRYFBEHOEFTES
Laai die skryfbehoeftelyste vir Graad 1 tot 7 hieronder af:
SKOOLURE
SKOOLDAG
Graad 1 07:20 – 13:00
Graad 2-3 07:20 – 13:15
Senior 07:20 – 13:35

VAKHOOFDE

ALGEMENE VRAE?

VOLTOOI DIE VORM HIERONDER
EN ONS SAL U TERUG SKAKEL

"*" indicates required fields

NAAM*