Laerskool Garsfontein
  • Tuisblad
  • Ratwerk
  • Ons Span
  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Program
  • Graad R

Ratwerk

                       Administratiewe werking

Picture
Sake wat op hierdie bladsy aandag geniet:
  • Waar is ons?
  • Skoolwapen en -lied
  • Skooldrag
  • Skoolgelde
  • Dissipline
  • Toelatingsbeleid
  • Fotobestellings
  • Busse en busroetes
  • Naskoolsentrum
  • Ondersteuningsdienste
  • Kommunikasie


Waar is ons?

Fisiese adres:     Rina van Zylstraat 393, Garsfontein, Pretoria

​Posadres:     Posbus 905-933, Garsfontein, 0042

Telefoon:   012-348-1269 / 70

Faks:   012-348-6460

e-pos:   kantoor@lsgf.co.za


Google-kaart
breedtegraad:  -25.7909
Lengtegraad: 28.2935


Skoolwapen en -Lied


Skoolwapen
Die middelpunt van die wapen is drie garsare wat saamgebind word deur 'n heraldiese fontein - 'n sigbare gestalte van ons naam:  Garsfontein

Die drie garsare is 'n simbool van die driehoekverhouding van die opvoedingsproses, naamlik kind, ouer en onderwyser.

Agter die garsare is die trappe wat ATYD HOëR klim

Garsies se slagspreuk sluit by die leuse aan, naamlik

Garsies vlieg altyd hoër!



Skoollied - woorde en musiek deur mnr. Johan Joubert

In die groot ou Jakarandastad
is daar 'n skool so trots en fier.
Hier word gewerk die hele dag -
dit is ons plig; ook ons plesier.

Om te streef na bo en op te kyk
na 'n Hom wat oor ons waak - 
Geloof, vertroue sal nie wyk
dit is vir ons 'n lewenstaak.

Koor:
Hoër, altyd hoër;
dit is ons ideaal.
Om te dien en ook te lewe
vir ons land en volk en taal.


Skooldrag


GEEN kontant word vir aankope in die winkel aanvaar nie. SLEGS kaarttransaksies en internetbetalings kan gedoen word.

​Kliek hier om die klerebeleid oop te maak.
garsiebeeld_-_finaal_2022.pdf
File Size: 1466 kb
File Type: pdf
Download File

Leweransiers
 GRIT is die skool se klereverskaffer en u kan hulle aanlynwinkel by hierdie skakel besoek:
GEEN kontant in winkel - SLEGS kaarttransaksies
​
Lsgf.gritprocurement.co.za/register

Hulle het ook 'n  klerewinkel op die skoolterrein wat tussen die Snoepie en krieketnette geleë is.
Kontaknommer op die terrein:
(012) 348 1269   uitbreiding: 2087
Winkelure:
Maandae:      
06:30-08:30    en    12:30-15:00
Dinsdae:        
06:30-08:30    en    12:30-15:00
Woensdae:  
06:30-08:30    en    15:00-18:00
Donderdae:  
06:30-08:30     en    12:30-15:00
Vrydae:        
6:30-08:30    en    12:30-14:00

GEEN kontanttransaksies word in die klerewinkel gedoen nie.  SLEGS kaarttransaksies word aanvaar.

Skoolure


Die skooldag begin vir almal om 07:20.
Verdaging van verskillende fases is soos volg:
Graad  R om 12:30
Graad 1 om 13:00
Graad 2 en 3 om 13:15
Graad 4 - 7 om 13:35
NB:  Let asb daarop dat die grondslagfase se pouses 20 minute voor die roosterpouses plaasvind.

Op die laaste skooldag van elke kwartaal sluit die skool om 10:00 vir al die leerders. 
Die verloop van 'n skooldag word deur drie verskillende roosters bepaal en wel soos volg:

Daaglikse rooster


Die daaglikse roosters en tye kan onder "Program" gevind word.

Skoolgelde


Graad 1 - 7:  R20 500 per leerder per jaar (betaalbaar in 10 of 11 gelyke paaiemente)

Betalingsdatums:
Eenmalig:  Volle vereffening voor of op 7 Maart 2022 (5 % korting van toepassing)
Maandeliks:  10 of 11 gelyke paaiemente voor of op die sewende van elke maand met die eerste betaling voor of op 7 Januarie 2022 en die laaste betaling 7 Oktober of 7 November 2022.

Betalingsmetodes:
Debietorder:     Debietorderopdragvorm is beskikbaar by die finansieskantoor - me. Elsabé Smit.
Kontant:             Betaalbaar by die finansieskantoor.  Weens veiligheidsredes word hierdie metode ontmoedig.
Kaartfasiliteit:   Slegs VISA en MASTER kaarte word aanvaar.
Elektronies:       Absa bank:  Laerskool Garsfontein
                            Rekening nr.:  3490 146 570
                            Takkode:  632005
                            U verwysing:  skoolrekeningnommer

​
Aansoek om vrystelling van skoolgeld:
In terme van wetgewing en regulasie kan 'n ouer aansoek doen om volle of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld, indien u nie in staat is om skoolgeld te betaal nie.  Die formulering vir die kwytskelding word bepaal deur regulasie, soos deur wetgewing voorgeskryf, en word nie deur die beheerliggaam bepaal nie.
Indien ouers aansoek om skoolgeldvrystelling wil doen, sal die nodige aansoekvorms vanaf 26 Januarie 2022 by die finansieskantoor beskikbaar wees.  Dit kan by me. Elsabé Smit afgehaal word waarna dit deur die tesourier verder hanteer sal word.

Rekeningnavrae vir graad 1-7 kan gerig word aan:   Me. Elsabé Smit (012 348 1269) debiteure@lsgf.co.za


Dissipline


1_gedragskode_2022.pdf
File Size: 1311 kb
File Type: pdf
Download File


Toelatingsbeleid


Die toelatingsbeleid van 2019 is steeds geldig vir 2022 en volg hieronder:
toelatingsbeleid_sep_2019.pdf
File Size: 13948 kb
File Type: pdf
Download File


Fotobestellings


oueromsendbrief_oor_individuele_fotobestellings.docx
File Size: 21 kb
File Type: docx
Download File


Busse en busroetes


Navrae:
Skakel Stadsraad van Tshwane (City of Tshwane)
012-358 0840/39

Naskoolsentrum


naskool_inskrywingsvorm_2022_nuwe.pdf
File Size: 204 kb
File Type: pdf
Download File


Leerderondersteuningskomitee (LOK)


​Voorsitter/skakelpersoon:  Me. Linda Wonigkeit (linda@lsgf.co.za)
LOK-koördineerder: Me. Natasha van Dyk (natasha@lsgf.co.za)
​

Laerskool Garsfontein se ondersteuningsdienste vervul die rol van die Skoolondersteuningspan (SOS).  Die doel van die leerderondersteuningspan is om leerlinge te ondersteun met skolastiese, emosionele en gedragsprobleme.  Die ondersteuningspan maak gebruik van 'n oorsigtelike evaluasie om te bepaal waar die leerder ondersteuning benodig, waarna uitverwysings sal plaasvind. Die evaluasies en terapie word by ons skool gedurende skoolure aangebied.

Remediërende terapie vorm deel van die leerderondersteuningsdienste wat aan grondslagfase-leerders gebied word, na afloop van 'n volledige skolastiese evaluering.

Die leerderondersteuningskomitee (LOK) bestaan uit die volgende lede:
Voorsitter: Me. Linda Wonigkeit (linda@lsgf.co.za)
Leerderondersteunings-koördineerder: Me. Natasha van Dyk (natasha@lsgf.co.za)
Maatskaplike werker: Me. Eunice Uys (eunice@lsgf.co.za)
Graad R-arbeidsterapeut: Me. Danielle Hawkins (danielle@lsgf.co.za)

Ons skool bied ook Arbeids- en Spraakterapie op die skoolterrein aan.  Dit word op 'n Privaatpraktyk-basis aan ouers beskikbaar gestel.
Arbeidsterapie: Me. Serna Smit kan gekontak word by 012 997 3464/083 450 0149
Spraakterapie: Me. Elna Verhoef kan gekontak word by 083 656 7588

DIe ondersteuningspan wil graag hulp aanbied waar nodig.  Ons glo dat 'n gelukkige leerder 'n suksesvolle leerder is.

Kommunikasie


Besondere kommunikasie aan ouers geskied per oueromsendbriewe/-kennisgewings.
Algemene inligting is op die webblad beskikbaar.
Inligting rakende die program van die skool en nuwe nuus/inligting is op die kommunikeerder beskikbaar.
Die skool beskik ook oor 'n facebookbladsy - 
'n Inligtingsblad genaam Die GarsieGesels verskyn weekliks in pdf-formaat op die kommunikeerder.

Dankie vir u besoek aan ons webtuiste!


Skoolure

07:20 tot 13:35

Telefoon

012-348-1269

E-pos

Kantoor@lsgf.co.za
  • Tuisblad
  • Ratwerk
  • Ons Span
  • Akademie
  • Sport
  • Kultuur
  • Program
  • Graad R