1. Ek / Ons die ouers / voog van gee hiermee toestemming dat hy/sy aan alle akademiese, sport- en kultuuraktiwiteite wat deur die skool op ‘n georganiseerde wyse aangebied word, mag deelneem. Om toetse deur die skool ondersteuningsspan met die oog op hulpverlening in skoolwerk of identifisering van probleme te mag aflê
2. Ek verleen toestemming dat my kind vervoer mag word deur ‘n openbare busmaatskappy wat goedgekeur is deur die skoolbestuur, waar en indien van toepassing. Indien daar slegs ‘n klein groepie leerders vervoer mag word, kan daar ouers / onderwysers met wettige bestuurslisensies gevra word om leerders te vervoer.
3. Ek aanvaar dat alle redelike voorsorg getref sal word vir die veiligheid en welstand van my kind en dat ek verantwoordelik gehou sal word vir die betaling van die mediese en / of hospitaalrekeninge indien van toepassing, in geval van besering wat nie aan die growwe nalatigheid van die verantwoordelike personeel toegeskryf kan word nie.
4. Ek dra my magte as ouer / voog oor aan die Hoof van die skool of sy verteenwoordiger indien mediese of chirurgiese behandeling vir my kind nodig mag wees. Sover ek weet, is hy / sy fisies in staat om aan enige georganiseerde aktiwiteite deel te neem en verkeer hy / sy in goeie gesondheid.
5. Ek bevestig dat alle mediese inligting voorsien in die leerderinligting van hierdie vorm akkuraat en volledig is. Hierdie inligting mag gebruik word in enige noodgeval.
6. Ek onderneem om die skool in kennis te stel indien enige van bogenoemde inligting verander.
7. Ek onderneem om my kind te ondersteun in die nakoming van die gedragskode, dissiplinêre stelsel en taal van onderrig (Afrikaans) van Garsies Graad R.
8. Hiermee bevestig ek dat enige beeldmateriaal van my kind gebruik mag word vir enige publikasies van die skool, in watter formaat ookal.
9. Ek as ouer / voog van die leerder onderneem om onnself te vergewis van Laerskool Garsfontein se gedragskode op die webwerf en die skool te ondersteun hierin.