Ek verleen hiermee toestemming aan Laerskool Garsfontein om foto’s/video’s van my kind te gebruik as deel van:
a) ‘n demonstrasie/projek/aktiwiteit in die loop van klaskameraktiwiteite.
b) die skool se webblad en sosiale mediaplatforms, insluitend klas whatsapp-groepe,
c) video-opnames van skoolaktiwiteite wat op ‘n televisiestasie uitgesaai sal word,
d) enige gedrukte publikasie, wat insluit, dog nie beperk is nie tot, koerante, tydskrifte, jaarboeke, ens.
2. Ek verstaan dat indien ek nie toestemming verleen nie, my kind van alle publikasies op alle platforms uitgesluit sal word. Laerskool
Garsfontein kan nie kontrole uitoefen deur een en nie die ander platform te gebruik nie. Deur hierdie toestemming te verleen, begryp ek dat die skool foto’s/ beeldmateriaal/video’s van die kind(ers) kan gebruik vir doeleindes soos om prestasies te vier en onderwysgeleenthede bekend te maak, soos wat die skoolbeheerliggaam en die skoolhoof goeddink, en dat sodanige gebruik vertoning in die skool se fotogalery kan insluit.
3. Ek onderteken hierdie vrywaringsvorm in die wete dat enige foto’s/ beeldmateriaal/video’s wat op die skool se webtuiste gepubliseer word, deur verskeie nuusorganisasies, waaronder gedrukte, elektroniese en uitsaaimedia, bekom en gereproduseer kan word, en daarom vrywaar ek die skool van enige aanspreeklikheid wat kan ontstaan uit die gebruik van foto’s/beeldmateriaal/video’s van die kind(ers) in skoolwebpublikasies.
4. Daarbenewens begryp ek dat beeldmateriaal en video’s op webtuistes, as gevolg van wêreldwye toegang tot die internet, dit onmoontlik maak om te beheer wie toegang tot die inligting verkry.
5. Ek verstaan ook dat indien ek hierdie ooreenkoms wil herroep, ek dit in enige stadium kan doen deur ‘n brief aan die skoolhoof te stuur.