Laerskool Garsfontein

GRAAD R

BY GARSIES WORD ONS SPEEL SPEEL SLIM!

By Garsies Graad R word daar daagliks gebou aan spelgebaseerde geletterheidsvoorbereiding. Dit beteken in kort dat ons leerdertjies deur spel en beweging leer en sodoende belangrike perseptuele vaardighede ontwikkel wat ‘n stewige fondasie vorm vir meer formele leer.

Elke graad R–klas beskik ook oor ‘n voltydse assistent-onderwyseres wat noodsaaklike individuele hulpverlening en groepswerk vergemaklik.

VISIE & MISSIE

ONS POOG OM IN ALLES WAT ONS DOEN ‘N SKOOL VAN UITNEMENDHEID TE WEES.

ONS STREEF DAARNA OM ‘N OMGEWING TE SKEP WAAR
LEERDERS GEBORGE EN GEINSPIREERD VOEL.

DIT IS VIR ONS BELANGRIK OM ONS KINDERS HOLISTIES
TE ONTWIKKEL EN HULLE SKOOLGEREED GRAAD 1 TOE TE STUUR.

ONS STREEF DAARNA OM ELKE LEERDER TE KOESTER EN ONDERSTEUN
OM SY OF HAAR VOLLE POTENSIAAL TE BEREIK.

INSKRYWINGS

INSKRYWINGS VIR 2025 IS REEDS OOP.

‘N BEVESTIGINGSFOOI VAN R800 IS BETAALBAAR MET INSKRYWING

‘N DEPOSITO TEN BYDRAE VAN R2500 IS BETAALBAAR NIE LATER AS 30 SEPTEMBER 2024 NIE. DIE BEVESTIGINGSFOOI EN DEPOSITO SAL IN JANUARIE 2024 TEEN U SKOOLFONDSEREKENING GEKREDITEER WORD.

DIE BEVESTIGINGSFOOI & DEPOSITO VIR 2024 KAN AS VOLG BETAAL WORD:

GRAAD R
INSKRYWINGSVORM
Laai die Graad R inskrywingsvorm hieronder af:

SKOOLGELDE

GRAAD R:

R25 600.00 PER JAAR PER LEERDER VIR 2024
MAANDELIKSE PAAIEMENT: R2 560

5% karting is nie van toepassing op Gr.R skoolfonds nie.

Skoolgeld is betaalbaar oor 10 maande met die eerste betaling voor of op 7 Januarie 2024 en die laaste betaling 7 Oktober 2024. Ouers kan skriftelik aansoek doen om die skoolgelde oor 11 maande te betaal. Die versoek moet per e-pos aan [email protected] gestuur word.

EENMALIG: VOLLE VEREFFENING VOOR OF OP 7 MAART 2024.

MAANDELIKS:
10 GELYKE PAAIEMENTE VOOR OF OP DIE SEWENDE VAN ELKE MAAND IS R2400.00

GRAAD R SKOOLGELD MAG GEENSINS AGTERSTALLIG WEES NIE EN SALDO’S
MOET ASSEBLIEF TEEN 7 OKTOBER 2024 OP R0.00 REFLEKTEER.

KONTANT
Betaalbaar by die finansieskantoor.
Weens veiligheidsredes word hierdie metode ontmoedig.
KAARTFASILITEIT
Dit is by die Laerskool se finansiekantoor beskikbaar.
Slegs VISA en MASTER kaarte word aanvaar.
ELEKTRONIES

ABSA bank:
Laerskool Garsfontein
Rekening nr.:
3490 146 570
Takkode: 632005
U verwysing: skoolrekeningnommer

BEWYS VAN BETALING

E-pos u bewys van betaling aan die Graad R-kantoor by:
[email protected]

(Aanvanklik, totdat u ‘n rekeningstaat teen einde Januarie 2024 kry, sal dit soos volg wees: u kind se naam en van + Gr R 2024.) GEEN betalings van Gr.R-skoolfooie saam met Gr1-7 leerders se fooie nie. Die Graad R leerders het ’n unieke rekeningnommer, asook ‘n aparte begroting. Dit is ook baie moeilik om hierdie betalings korrek te allokeer.

ONS GRAAD R SPAN

…eenmaal ‘n Garsie; altyd ‘n Garsie…

KLEREDRAG

Leerders kom met gewone speelklere skool toe.

VERVERSINGS EN SNOEPIE

Ons moedig ‘n gesonde en voedsame kosblik aan wat insluit ‘n toebroodjie, vrug, proteïn en koedrank/sap/water. Geen lekkernye, skyfies, gaskoeldrank of Energade gedurende die week nie. Soetgoed vir Vrydae se snoepie gebêre. Maats kan enige dag kos by die snoepie koop.

GRAAD R KANTOOR

Funksies: Debiteure en Registrasies (nie-administratief van aard). Die Graad R-kantoor is vanaf 06:55 – 14:00 tot u beskikking. Die verantwoordelikhede van Me. Yolandé von Wielligh by die kantoor sluit die volgende in:

  • Debiteure
  • Hantering van Graad R-inskrywings
  • Byhou van waglyste
  • Kinders wat vroeër afgehaal word, word by haar uitgeteken

Tel nr: 012-348 1269/70

ASSESSERING EN HUISWERK

Asseessering vind deurlopend plaas.

GrR maats kry geen huiswerk nie.

LEERDER ONDERSTEUNINGS - KOÖRDINEERDER

Laerskool Garsfontein beskik oor ‘n Leerderondersteuningskoördineerder (LOK), by name Natasha van Dyk (082 556 4323).

Haar taak is om probleme by laerskoolleerlinge te identifiseer. ‘n Aanbeveling word dan gemaak en leerlinge word na bv. arbeids-, spraak-, of spelterapeute verwys. Die skool beskik oor ‘n lys van voorkeurterapeute wat gebruik kan word. Graad R-leerders kan in ‘n beperkte mate ook van hierdie diens gebruik maak.

ARBEIDSTERAPEUT GR. R

 

‘n Voltydse arbeidsterapeut is werksaam by Garsies GrR. (Me. Danielle Hawkins [email protected]) In groepsverband word sifting, informele persepsuele evaluasies en kliniese waarnemings gedoen. Haar rol is slegs ontwikkelingstimulasie en vervang nie formele intervensie nie. Individuele arbeidsterapie en verwysing na buite-terapeute word gedoen indien nodig. Die buiteverwysings is vir ouers se eie rekening.

EERSTE SKOOLDAG

Die skool begin saam met die Laerskool op 11 Januarie 2023.

Personeel is daagliks eers vanaf 07:00 in hul klaskamers beskikbaar en kan nie verantwoordelik gehou word vir leerders wat vroeër opdaag nie.

Leerders moet voor 07:30 by hul klasse aanmeld.

INLIGTINGSAAND EN OUERAANDE

‘n Inligtingsaand vind die eerste Donderdag van die skooljaar in die leerder se klas plaas. Ouers ontvang ‘n uitnodiging. Oueraande vind kwartaalliks plaas. Individuele ouerontmoetings word ook deur registerperoneel gereël soos nodig.

TOEGANG TOT GRAAD R KLASSE

 

Die hek in Zitastaat word gebruik. Die hek word soggens om 7:30 deur ‘n veiligheidwag gesluit en word weer om 12:30 oopgemaak. Gebruik die ingang by die skoolkantoor in Rina van Zylstraat indien die leerder vroeër huistoe gaan (bv. Wanneer kind siek is.). U kind moet by die Graad R kantoor uitgeteken word.

SKOOLURE

SKOOLDAG 07:30 - 12:30

Garsie GrR se kwartale loop saam met die skoolkalender van die Departement van Onderwys. Leerders kan vanaf 07:00 by hul klaskamers afgegee word. Skooldag begin 07:30 en leerders verdaag weer om 12:30. Die skool sluit die laaste dag van elke kwartaal vroeër en tyd sal per omsendbrief gekommunikeer word.

SPORT

Sport wat aangebied word:

  • Atletiekdag
  • Bulletjie-rugby (ekstra kostes verbonde)
  • Mini-krieket (ekstra kostes verbonde)
  • Mini-netbal (slegs balvaardigheid)
  • Playball

KULTUUR

 

Kultuuraktiwiteite wat aangebied word:

  • Koor
  • Trompoppies
  • Voordrag
  • Sangspeletjie
  • Kombuisorkes
  • Gumboots

AKTIWITEITE

WAT DEUR BUITE INSTANSIES
AANGEBIED WORD

 

Alle inligting in verband met hierdie aktiwiteite word vanaf die tweede skoolweek in Januarie aan die ouers gekommunikeer via die kind se posbus. Dit sluit aktiwiteite in soos tennis, skaak, gimnastiek, ballet, Wiskunde, krieket, rugby, Tumbling Tigers, netbal, hokkie en eksperibuddies. Bêre asseblief die inligting op ‘n veilige plek, aangesien die Graad R kantoor nie oor hierdie inligting beskik nie. Kommunikasie vind direk tussen die ouers en afrigters plaas. Kostes vir ouers se eie rekening.

DAGPROGRAM

07:00 – 07:30: AANKOMS, VRYSPEL
07:30 – 07:45: SAMEKOMS
07:45 – 08:00: LUISTER EN PRAAT / REGISTER / WEERKAART / VERJAARSDAE
08:00 – 08:10: TOILETROETINE
08:10 – 09:00: WISKUNDE
09:00 – 09:30: VERVERSINGS
09:30 – 10:30: BUITESPEL EN TOILETROETINE
10:30 – 11:30: TAALPROGRAM
11:30 – 12:00: TEMABESPREKING, PERSOONLIKE EN SOSIALE WELSTAND
12:00 – 12:30: KUNS, DRAMA EN MUSIEK
12:30: LEERDERS VERDAAG. (WAGKLAS BY JUFFROU TOT 13:15)

ALGEMENE VRAE?

VOLTOOI DIE VORM HIERONDER
EN ONS SAL U TERUG SKAKEL

"*" indicates required fields

NAAM*